Dis lank nie meer net die pous en die president van Amerika wat in versterkte voertuie die wêreld deurkruis nie. Al hoe meer Suid-Afrikaners wend hulle tot ‘n spesialis in Pretoria, waar ‘n gesinsmotor in ‘n pantserwa omgeskep kan word.
Soveel so dat sy Max3- en Max9-voertuie vandag gesog is in Saoedi-Arabië, Pakistan, die Soedan en waar ook ‘n leier effe senuagtig oor die opposisie mag voel.
Met die mooi pantservoertuie het hy sy afloswedloop begin.
Weldra het hy sy sake-eenheid, SVI (Special Vehicle Innovation), uitgebrei om ook versterkte voertuie vir Jan en alleman te kan bied. Basies neem jy jou Fortuner, Hulux of X5 na SVI en jy kry ho terug as ‘n voertuig wat ‘n koeël kan stuit, maar sonder dat daar enige sigbare verandering aan die bakwerk is nadat die span met die opknapping klaar is.
“Die grootste mark vir dié tipe beveiligde gesinsvoertuie is in Suid-Amerika,” vertel De Kock. “Daar word 20 000 van dié tipe voertuie per jaar daar verkoop. Maar in Suid-Afrika raak die mark al hoe groter.
‘n Oranje vlam blaas vir ‘n oomblik by die loop uit. Die AK-47 se loop klim ‘n handbreedt en in jou ore talm die metaalklapgeluid waar die koeël hom in ‘n motorvenster te pletter geloop het. Die venster wys ‘n wit spinnerak van splinters om die rand en ‘n krummel-wolk in die kern.
Maar als is nog heel. Aan die venster se binnekant, waar die kajuit sou wees, is die glasoppervlak spieëlglad.
Jou vinger gly daaroor heen. Dis nie aldag dat ons met ‘n AK-47 by ‘n bekendstelling kan losbrand nie. Maar om die gehalte van ‘n beveiligde voertuig te demonstreer, moet mens maar ‘n hap van die koek vat.
En jy stap oortuig daar weg. Sedert 2004 het ‘n klein, plaaslike ingenieursgroep net buite Pretoria ‘n naam vir hom gemaak in die onbekende wêreld van pantservoertuie. Die jong stigter, Jaco de Kock, het sy voorliefde vir industriële ontwerp en meganies ingenieurswese gekombineer en met ‘n gepantserde troepedraer vorendag gekom wat ‘n moderne ontwerp het en ‘n bielie op die slagveld is.
Die redes is voor die hand liggend.
Net soos Brailië het ons ‘n groot verskil tussen ryk en arm, wat reg langs mekaar woon. Die rykes word ‘n teiken.
In Suid-Afrika straks nog net ‘n algemene misdaadteiken, maar in Suid-Amerika is dit geteikende aanvalle.
“Ons is nog nie daar nie,” sê de Kock oor die toestatnd in Suid-Afrika, “maar mense wil al hoe meer graag veilig voel. Vir hulself, of hul gesin.”
‘n Ander groot mark is onder groot maatskappye wat ‘n hoofbestuurder by die lughawe moet gaan haal en die maatskappyreëls vereis hy moet in ‘n pantservoertuig gekarwei word.
SVI bou alles op sy perseel aan die westekant van Pretoria. Heelwat spesialisonderdele word egter ingevoer. Die swak rand jaag die eindelike prys dus op. Die versterkte glas met sy lae plastiek en ander materiale kom van Brasilië. Die versterkte staal kom van Swede en die dikker skarniere wat die swaar deure hangende hou, kom van Duitsland.
Jou voertuig se kajuit word op hul perseel volledig gestroop totdat jy net die metaalvloer- en deure kan sien. Kevlar-panele (R30 000 per meter) kom in die deure, agter jou rug en voor by die enjin. Sekere enjindele word ook beskerm, soos die battery en die blikbrein.
Die kevlar is so 5mm dik, maar die vensters enigiets van 4cm tot 6cm. Daarom kan dit nie altyd oopmaak nie, of net halfpad.
‘n Kokon word om die kajuit gebou en gesweis. Enige plek waar daar ‘n las is, soos waar die venster eindig en die deurpaneel begin, word met ‘n oorvoupaneel versterk.
Twee vlakke van beskerming is beskikbaar, en word met die universele B4- en B6-benamings aangedui.
B4 is die vlak wat jou teen handwapens (9mm) sal beskerm, terwyl die B6-spesifikasie daardie AK-47 se koeëls sal stuit. Dis nou ‘n skerppuntkoeël wat teen 2 800 km/h vlieg.
“Die vensters en deure sal die rondte stuit. Maar as die aanvaller sy magasyn leeg skiet op daardie selfde plek, sal die rondte later deurdring,” sê De Kock. “Die gedagte met ‘n beveiligde voertuig is dus dat dit jou tyd gee: Tyd om klaar te skrik, ‘n plan B uit te werk en dan weg te kom.”
Van wegkom gepraat, die versterking voeg natuurlik ‘n homp gewig by die voertuig.
Op die B4-vlak merk jy dit nie juis nie. Nie met ‘n fris bakkie of selfs ‘n sportnuts of groot sedan nie. Die merkbaar dikker vensters en swaarder deure van die B6-vlak vra sterker vere en kragtiger remme as waarmee jou voertuig van Stuttgart of Tokio gerol het.
Bestuurderopleiding geskied dan ook, want die voertuig se ekstra ton vereis ‘n langer stop-afstand en behendiger hantering wanneer jy haastig om ‘n es glip.
Beskerming teen handwapens is eers nog die grootste behoefte onder Suid-Afrikaners.
Daardie verdagte kêrel by die verkeerslig is nou nie meer die baas nie. waarop wil jy dus jou geld uitgee: Leersitplekke of dikker vensters en deure?
Haastige Beskerming
Dis nie aldag dat jy agter die stuur van ‘n agtman-troepedraer twee meter hoog bo die grond kan sit en sy borshoogte bande oor ‘n bosveldpaadjie kan jaag nie.
Daar’s ‘n Cummins-dieselenjin van 6.7 liter onder die regtervoet en hy raas en bulk behoorlik in die kajuit wanneer jy mielies gooi.
Kort voor lank is jy by 100 km/h, maar hy’s lus vir nog ‘n bietjie.
Dis die Max9, Jaco de Kock se netjies ontwerp en selfvervaardigde sneldrae van troepe oor ongelyke terrein in enige oorlogsons ter wêreld.
Dié gepantserde bielie word oor die wêreld heen deur regerings en generaals aangeskaf.
Die bakwerk is op B6-vlak – teen AK-47’s se koeëls bestand – en die Max9 kan ook ‘n landmynontploffing deurstaan.